19 Toe het die man vir my gebring deur die deur langs die poort, ’n mens kan daar ingaan na die gewyde kamers van die priesters by die noordekant. En daar, ver langs die westekant, sien ek toe ’n plek.
20 Die man het vir my gesê: Dit is die plek waar die priesters die vleis vir die skuld-offer en die sonde-offer moet afwas en waar hulle die brood vir die koring-offer moet bak. Hoekom? Want hulle mag nie die vleis en die brood in die buitenste oop stuk grond bring nie. Die vleis en die brood is gewyd, en dit sal vir die volk gevaarlik wees om by die vleis en die brood te kom.
21 Daarna het die man my gebring na die buitenste oop stuk grond, hy het my gebring by die vier hoeke van die oop stuk grond. Daar, in elke hoek, was ’n kleiner oop stuk grond.
22 Hierdie kleiner oop stukke grond in die hoeke was elkeen 40 el lank en 30 el breed, en daar het rook by hulle uitgekom.
23 Daar was ’n muur om elke stuk grond, en daar was kookplekke onder rondom teen die muur.
24 Die man het vir my gesê: “Dit is die plek waar die mense die offer-vleis van die volk moet gaarmaak, die mense wat by die tempel werk.”