2 Dan moet die regeerder van buite inkom deur die voorportaal van die poort en hy moet by die drumpel van die poort gaan staan. Die priesters moet dan die regeerder se brand-offers en ete-offers offer. Daarna moet die regeerder by die drumpel buig, en dan moet hy uitgaan. Maar hulle moenie die poort sluit voor die aand nie.
3 Die gewone mense moet elke Sabbatdag en elke Nuwemaan-dag by die deur van dieselfde poort voor die Here kom buig.
4 Die brand-offer wat die regeerder vir die Here moet bring op die Sabbatdag, is ses gesonde lammers en ’n gesonde skaap-ram.
5 Die koring-offer wat hy saam met die skaap-ram gee, moet een efa wees, en saam met die lammers kan hy gee soveel soos hy wil. Hy moet een hin olyf-olie gee vir elke efa.
6 Op Nuwemaan-dag moet die regeerder ’n gesonde bul en ses lammers en ’n skaap-ram bring. Hulle moet gesond wees.
7 Hy moet ook ’n koring-offer bring. Die koring-offer is een efa koring saam met ’n bul en een efa koring saam met ’n skaap-ram, en saam met die lammers kan hy gee soveel soos hy kan. Daar moet een hin olyf-olie by elke efa wees.
8 Wanneer die regeerder ingaan, dan moet hy deur die voorportaal van die poort ingaan, en hy moet weer daar uitgaan.