7 Hy moet ook ’n koring-offer bring. Die koring-offer is een efa koring saam met ’n bul en een efa koring saam met ’n skaap-ram, en saam met die lammers kan hy gee soveel soos hy kan. Daar moet een hin olyf-olie by elke efa wees.
8 Wanneer die regeerder ingaan, dan moet hy deur die voorportaal van die poort ingaan, en hy moet weer daar uitgaan.
9 Wanneer die gewone mense voor die Here moet kom op die feesdae, dan moet die mense wat deur die noord-poort ingekom het om te buig, deur die suid-poort uitgaan, en die mense wat deur die suid-poort ingekom het, moet deur die noord-poort uitgaan. Niemand moet teruggaan deur die poort waar hy ingegaan het nie, almal moet by die ander kant uitgaan.
10 Die regeerder moet saam met die gewone mense inkom en uitgaan.
11 Op die feeste, op elke feesdag, moet die regeerder ook ’n koring-offer bring. Die koring-offer is een efa koring saam met ’n bul en een efa koring saam met ’n skaap-ram, en saam met die lammers kan hy gee soveel koring soos hy wil, maar hy moet een hin olyf-olie saam met elke efa koring gee.
12 Die regeerder kan ook ’n vrywillige offer bring. Dit kan ’n brand-offer of ’n ete-offer vir die Here wees. Hulle moet dan die oos-poort oopmaak vir hom, en hy moet sy brand-offer of sy ete-offer bring soos op die Sabbatdag. Daarna moet hy uitgaan, en hulle moet die poort sluit nadat hy uitgegaan het.
13 Die regeerder moet elke dag ’n gesonde jaaroud-lam gee om ’n brand-offer te wees. Hy moet dit elke oggend doen.