1 Ek het gehoor die Here sê vir my:
2 “Mens, jy moet jou gesig na die berge van Israel draai en jy moet vir hulle sê wat Ek sê.
3 Jy moet sê: Berge van Israel, julle moet luister na wat die Here sê, Hy wat Here is. Die Here, Hy wat Here is, sê vir die berge en die heuwels en die riviere en die valleie: Ek sal nou oorlog bring na julle toe en Ek sal julle offer-plekke verwoes.
4 Die vyande sal julle altare afbreek en hulle sal julle wierook-altare stukkend slaan. Ek sal julle mense wat in die oorlog sterf, laat val voor julle afgode.
5 Ek sal die lyke van die Israeliete voor hulle afgode gooi en Ek sal hulle bene oral rondom hulle altare laat lê.