1 Ek het gehoor die Here sê vir my:
2 “Mens, jy moet jou gesig na die berge van Israel draai en jy moet vir hulle sê wat Ek sê.
3 Jy moet sê: Berge van Israel, julle moet luister na wat die Here sê, Hy wat Here is. Die Here, Hy wat Here is, sê vir die berge en die heuwels en die riviere en die valleie: Ek sal nou oorlog bring na julle toe en Ek sal julle offer-plekke verwoes.
4 Die vyande sal julle altare afbreek en hulle sal julle wierook-altare stukkend slaan. Ek sal julle mense wat in die oorlog sterf, laat val voor julle afgode.
5 Ek sal die lyke van die Israeliete voor hulle afgode gooi en Ek sal hulle bene oral rondom hulle altare laat lê.
6 Die stede sal hope klippe word, oral waar julle woon. Die vyande sal die offer-plekke verwoes, hulle sal julle altare afbreek en verwoes. Hulle sal julle afgode stukkend slaan sodat niks oorbly nie. Hulle sal julle wierook-altare stukkend kap en alles wegvee wat julle gemaak het.
7 Die liggame van die mense wat in die oorlog gesterf het, sal tussen julle lê. Dan sal julle weet dat Ek die Here is.