8 Ek is baie kwaad vir julleen Ek sal julle nou straf.Ek sal julle straf oor wat jullegedoen het,oor die slegte dinge wat julle gedoen het,dinge wat Ek haat.
9 Ek sal julle nie vergewe nieen Ek sal nie jammer wees vir julle nie.Ek sal julle straf oor wat julle gedoen het,oor die dinge wat Ek haat,julle sal weet dit is Ek, die Here,wat julle straf.
10 Die dag is hier, dit het gekom.Die slegste dinge sal gebeur.Die mense wat regeer,word nog meer wreed,hulle is hoogmoedig.
11 Hulle het slegte dinge gedoenaan menseen hulle het sleg regeer.Hulle het gesê niemand mag klaoor hulle nie.Daar sal niks oorbly van hulle almal nie,niks van alles wat hulle gesê het nie.
12 Die tyd het gekom, die dag is hier.Mense wat koop, moenie bly wees nie,en mense wat verkoop,moenie jammer wees nie,want die Here sal hulle almal straf.
13 Want die mense wat verkoop het,sal nie die goed terugkrywat hulle verkoop het nie,ook nie as hulle en die mensewat gekoop het,nog almal lewe nie.Ek het vir die profeet gewyswat met hulle almal sal gebeur,en dit sál gebeur.Hulle het verkeerd gedoenen hulle sal nie aanhou lewe nie.
14 Hulle het die ramshoring geblaasen alles gereedgemaak,maar niemand sal oorlog kan maak nie,want Ek is kwaad en Ek sal hulle straf.