24 Jakob het alleen agtergebly. ’n Man het gekom en met hom gestoei totdat dit die volgende dag lig begin word het.
25 Toe die man sien dat hy nie vir Jakob kan wen nie, het hy vir Jakob op sy heup geslaan. Jakob se heup het seergekry, en hy het moeilik geloop.
26 Die man sê toe vir Jakob: “Los my, want dit is amper dag.”Maar Jakob antwoord hom: “Jy moet my eers seën, dan sal ek jou los.”
27 Die man het vir Jakob gevra: “Wat is jou naam?”En hy antwoord: “Jakob.”
28 Die man sê toe: “Jou naam sal nie meer Jakob wees nie, dit sal nou Israel wees. Die naam Israel beteken ‘Jy het met God en met mense gestoei en jy het gewen.’ ”
29 Jakob vra toe: “Sê asseblief vir my, wat is jou naam.”En die man vra: “Hoekom vra jy wat my naam is?”Die man het vir Jakob daar geseën.
30 Jakob het die plek Pniël genoem. Hy het gesê: “Ek het God gesien. Hy was so naby my dat ek sy gesig kon sien, en ek het nie gesterf nie.”