21 Jakob het toe verder getrek en hy het sy tente anderkant die stad Migdal-Eder opgeslaan.
22 Terwyl Jakob in daardie land gewoon het, het Ruben seks gehad met sy pa se byvrou Bilha, en Jakob het daarvan gehoor.Jakob het twaalf seuns gehad.
23 Lea se seuns was Ruben, die oudste, Simeon, Levi, Juda, Issaskar en Sebulon.
24 Ragel se seuns was Josef en Benjamin.
25 Ragel se slavin Bilha se seuns was Dan en Naftali.
26 Lea se slavin Silpa se seuns was Gad en Aser. Dit was Jakob se seuns wat in Paddan-Aram gebore is.
27 Jakob het by sy pa Isak in Mamre by Kirjat-Arba gekom. Kirjat-Arba se ander naam was Hebron. Die mense van daardie land het vir Abraham en Isak toegelaat om daar te woon.