27 Die Leviete in die Gerson-familie het van die halwe Manasse-stam in die land Basan die asielstad Golan en die stad Astarot gekry, saam met die weivelde by die stede. Dit was twee stede.
28 Hulle het van die Issaskar-stam hierdie stede gekry: Kisjon, Daberat,
29 Jarmut en En-Gannim saam met die weivelde by die stede. Dit was vier stede.
30 Hulle het van die Aser-stam hierdie stede gekry: Misal, Abdon,
31 Gelkat en Regob, saam met die weivelde by die stede. Dit was vier stede.
32 Van die Naftali-stam het hulle hierdie stede gekry: die asielstad Kedes in Galilea en die stede Gammot-Dor en Kartan, saam met die weivelde by die stede. Dit was drie stede.
33 Die Gerson-families het 13 stede gekry.