2 “Dit is wat julle moet doen wanneer iemand melaats was en julle moet hom reinig: Julle moet hom na die priester toe bring.
3 Die priester moet buite die kamp na die persoon gaan kyk. As die seerplek gesond is en nie meer melaats is nie,
4 dan moet die priester sê die persoon moet twee rein voëls bring wat lewe, en ook ’n stukkie sederhout, rooi garing en ’n hisop-takkie.
5 Die priester moet vir die persoon sê hy moet een voël se kop afsny oor ’n kleipot waarin vars water is.
6 Dan moet die priester die voël neem wat nog lewe, en ook die stukkie sederhout, die rooi garing en die hisop-takkie, en hy moet dit druk in die bloed van die dooie voël.
7 Hy moet van die bloed en water sewe maal spat op die persoon wat hy moet reinig. Daarna moet die priester sê die persoon is rein, en die priester moet na die veld gaan, en hy moet die voël wat nog lewe, daar los.
8 Die persoon wat rein geword het, moet sy klere was en hy moet al sy hare afsny en homself was. Hy is dan rein en hy mag in die kamp kom, maar hy moet sewe dae lank buite sy tent bly.