5 Die priester moet vir die persoon sê hy moet een voël se kop afsny oor ’n kleipot waarin vars water is.
6 Dan moet die priester die voël neem wat nog lewe, en ook die stukkie sederhout, die rooi garing en die hisop-takkie, en hy moet dit druk in die bloed van die dooie voël.
7 Hy moet van die bloed en water sewe maal spat op die persoon wat hy moet reinig. Daarna moet die priester sê die persoon is rein, en die priester moet na die veld gaan, en hy moet die voël wat nog lewe, daar los.
8 Die persoon wat rein geword het, moet sy klere was en hy moet al sy hare afsny en homself was. Hy is dan rein en hy mag in die kamp kom, maar hy moet sewe dae lank buite sy tent bly.
9 Op die sewende dag moet hy weer skeer. Hy moet al sy hare afskeer, sy hare, sy baard en sy ooghare, en hy moet sy klere en homself was. Dan is hy rein en dan mag hy in sy tent ingaan.
10 Op die agste dag moet hy twee ram-lammers en ’n jaaroud ooi-lam na die priester toe bring. Die lammers moet almal gesond wees. Hy moet ook ’n koring-offer bring, die offer is drie tiendes van ’n efa van die beste meel, en hy moet een log olyf-olie bring.
11 Die priester wat die persoon moet reinig, moet dan die persoon en sy offers bring voor die Here by die ingang van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn.