8 Die persoon wat rein geword het, moet sy klere was en hy moet al sy hare afsny en homself was. Hy is dan rein en hy mag in die kamp kom, maar hy moet sewe dae lank buite sy tent bly.
9 Op die sewende dag moet hy weer skeer. Hy moet al sy hare afskeer, sy hare, sy baard en sy ooghare, en hy moet sy klere en homself was. Dan is hy rein en dan mag hy in sy tent ingaan.
10 Op die agste dag moet hy twee ram-lammers en ’n jaaroud ooi-lam na die priester toe bring. Die lammers moet almal gesond wees. Hy moet ook ’n koring-offer bring, die offer is drie tiendes van ’n efa van die beste meel, en hy moet een log olyf-olie bring.
11 Die priester wat die persoon moet reinig, moet dan die persoon en sy offers bring voor die Here by die ingang van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn.
12 Die priester moet dan een ram-lam neem en hy moet dit offer saam met die log olyf-olie. Dit is ’n skuld-offer, die priester moet dit heen en weer beweeg voor die Here, dit is ’n beweeg-offer.
13 Die priester moet dan die ram-lam slag op dieselfde plek waar hulle die diere vir die sonde-offer en die brand-offer slag. Hy moet dit op die gewyde plek slag, want die priester kry ook die sonde-offer en hy kry ook die skuld-offer. Dit is ’n hoog-gewyde offer.
14 Die priester moet dan van die bloed van die skuld-offer neem en hy moet dit smeer aan die regter-oor van die persoon wat hy moet reinig. Hy moet dit ook smeer aan sy regter-duim en sy regter-groottoon.