19 “Wel,” sê Jesus vir hulle, “breek die laaste klip van hierdie tempel af en in net drie dae sal Ek dit weer opbou.”
20 “Wat! Dit het 46 jaar se harde werk gekos om hierdie tempel te bou! En jy wil dit sommer in drie dae doen!” sê die Jode dadelik.
21 Jesus het egter met “hierdie tempel” na sy eie liggaam verwys.
22 Toe Hy later uit die dood opgewek is, het sy volgelinge hierdie woorde van Hom baie goed onthou. Hulle het besef dat wat Hy gesê het, waar is, soos hulle ook geglo het wat in die Skrif geskryf staan.
23 Jesus was vir die paasfees in Jerusalem. Baie mense het daar die wonderlike dinge gesien wat Hy gedoen het. Hulle het besef dat hierdie dinge tekens is van iets baie groters. Daarom het hulle in Jesus begin glo.
24-25 Jesus het egter geweet hoe onbetroubaar mense is. Niemand hoef dit vir Hom te vertel het nie. Daarom het Hy hulle nie sommer vertrou nie.