1-2 Die volgende dag is Jesus en sy volgelinge na ’n troue toe. Die troue was in Kana. Kana lê in die provinsie Galilea. Jesus se ma was ook daar.
3 Die wyn raak toe op. Jesus se ma gaan sê dit toe vir Hom.
4 Jesus antwoord haar: “Wat het dit eintlik met My te doen? Dit is nie my groot oomblik nie, nog nie.”
5 Sy ma vra die helpers toe: “Doen asseblief wat Hy vir julle sê.”
6 Daar eenkant het ses klipkanne gestaan. Elkeen het sowat 90 liter water gehou. Die Jode het die water gebruik om hulleself godsdienstig te reinig.