2-3 Naby die Skaappoort in Jerusalem was daar ’n bad wat in Hebreeus Betesda genoem is. Dit was die bymekaarkomplek vir mense met die een of ander siekte, soos blindes, kreupeles en mense met ander siektes. By die bad was daar pilare met ’n dak op. Die pilare het vyf gange gevorm. Daar het die siekes rondgesit of -gelê.