36 “Ek het egter getuies wat baie belangriker is as Johannes. My eerste getuie is die wonderlike dinge wat Ek doen. My Vader het My spesiale dinge gegee om hier op aarde te kom doen. Dit is dus ’n goeie bewys daarvan dat die Vader My gestuur het.
37 Die tweede getuie is die Vader. Hy het My gestuur. Julle het Hom nog nooit direk hoor praat nie. Net so min het julle Hom al ooit gesien.
38 Julle weet ook nie wat Hy regtig sê nie en glo dit ook nie wanneer julle dit hoor nie. Dit alles sien ’n mens daaraan dat julle nie glo in die Een vir wie die Vader gestuur het nie.
39 My derde getuie is die Skrif. Julle is oortuig dat julle in die Skrif die pad na die ewige lewe kan ontdek. Daarom lees en bestudeer julle die Skrif so ywerig. Maar julle kyk een ding mis. Hierdie selfde Skrif praat met oortuiging van My.
40 Tog wil julle nie na My toe kom sodat Ek vir julle die ewige lewe kan gee nie.
41 Ek gee nie om wat mense van My dink nie.
42 Ek ken julle mos! Ek weet dat julle God nie regtig uit die hart uit liefhet nie.