44 Dit laat my wonder: Hoe gaan julle ooit glo? Julle is heeltemal op die verkeerde pad. Julle wil so graag belangrik wees in mekaar se oë dat julle glad nie omgee wie of wat vir die enigste God belangrik is nie.
45 “Julle tyd sal kom. Dan sal julle as beskuldigdes in die groot hofsaal voor God moet staan. Dit gaan nie eens vir My nodig wees om te sê wat julle alles verkeerd gedoen het nie. Moses gaan dit doen; ja, daardie einste Moses op wie julle al julle hoop so vestig. Julle wil My nie glo nie? Wel, Ek het nuus vir julle.
46 Baie van die dinge wat Moses geskryf het, het hy oor My geskryf. Daarom, as julle verstaan en aanvaar wat Moses geskryf het, moet julle My ook verstaan en aanvaar. Eintlik is daar nie salf aan julle te smeer nie.
47 As julle dan nie eens wil aanvaar wat Moses self geskryf het nie, watter hoop het Ek dat julle gaan luister na wat Ek vir julle te sê het?”