9 Die man het dadelik gesond geword. Hy het sy slaapmat opgetel en weggestap. Dit het op die sabbat gebeur.
10 “Dit is die sabbat vandag,” gaan die Jode die man teë. “Jy mag mos nie vandag jou slaapmat dra nie.”
11 “Dis nie ek nie! Dis die man wat my gesond gemaak het. Dit is Hy wat vir my gesê het: ‘Tel jou goed op en stap hier weg,’” maak die man verskoning.
12 Hulle vra hom toe: “Wie het dit gesê?”
13 Die man was nie seker nie, want Jesus was nie meer daar nie. Hy is stilletjies daar weg omdat so baie mense daar saamgedrom het.
14 Later loop Jesus die man weer in die tempel raak. “Wel, jy is nou gesond. Bly nou van die sonde af weg sodat iets slegters jou nie dalk tref nie.”
15 Die man is toe reguit na die Jode toe om vir hulle te vertel dat dit Jesus was wat hom gesond gemaak het.