4 “Wel,” sê hulle, “Moses het gesê ’n man kan ’n brief skryf waarin hy sê dat hy van sy vrou wil skei en dan is alles verby. Sy moet dan uit die huis uit.”
5 “Dit was omdat julle so hardkoppig en vol sonde is dat Moses dit gesê het,” antwoord Jesus toe.
6 “Reg van die begin af het God mans en vroue gemaak.
7 As ’n man en ’n vrou trou, gaan hy van sy ouers af weg en bly saam met sy vrou.
8 Hulle twee is dan soos een mens.
9 As God twee mense so aan mekaar vasgemaak het, mag niemand die band tussen hulle losmaak nie.”
10 Toe hulle later weer saam by die huis was, het sy getrouste volgelinge Jesus gevra wat Hy daarmee bedoel het.