48 Baie mense het kwaai vir hom gesê om stil te bly. Maar hy het hom nie laat afsit nie en het harder geskree: “Seun van Dawid, sien my asseblief tog raak en kry my ook jammer.”
49 Jesus gaan staan toe stil en vra: “Gaan roep daardie man, asseblief.”Hulle roep toe die blinde man en sê: “Dit is jou gelukkige dag. Kom, Jesus roep jou.”
50 Die man gooi sy baadjie eenkant toe, spring op en kom na Jesus toe.
51 “Wat wil jy hê moet Ek doen?” vra Jesus hom.
52 “Ek wil asseblief graag sien, Meneer,” kom die antwoord.“Jy kan maar gaan,” sê Jesus vir hom. “Omdat jy op My vertrou het, is jy nou gesond.” Die man kon dadelik sien en hy het daar en dan vir Jesus begin volg.