2 Toe die oestyd kom, stuur hy een van sy werkers om sy deel van die druiwe te gaan haal.
3 Toe die werker daar aankom, gryp die huurders hom, gee hom ’n paar taai klappe en stuur hom sonder ’n enkele druiwekorrel daar weg.
4 Weer probeer die eienaar - hy stuur nog ’n werker. Met hom het dit nog slegter gegaan as met die vorige een. Die huurders het hom oor die kop geslaan en liederlik beledig.
5 Nog ’n keer het die eienaar probeer, en nog ’n keer, en nog ’n keer. Maar die huurders wou niks weet nie. Hulle het van die werkers vir wie die eienaar gestuur het, aangerand en ander het hulle selfs doodgemaak.
6 “Uiteindelik was daar nog net een oor wat hy kon stuur en dit was sy eie seun. Hy het sy seun baie liefgehad en het eers mooi daaroor gedink. ‘Hulle sal my seun darem sekerlik met groter respek behandel,’ het hy geredeneer.
7 “Toe die seun daar opdaag, sê die huurders vir mekaar: ‘Daar kom die een aan wat hierdie grond eendag gaan erf.
8 As ons hom doodmaak, sal daar niemand wees wat die grond kan erf nie en dan sal ons dit maklik in die hande kan kry.’ Hulle doen dit toe. Sy lyk het hulle sommer daar buite die wingerd gegooi.