47 Toe dit al goed donker was, was die boot mooi in die middel van die see. Jesus was alleen op die strand.
48 Hy het gesien hoe sy dissipels swoeg met die roeiery, want die wind was teen hulle.
49-50 Toe die son sy kop begin uitsteek, stap Jesus op die water na hulle toe. Hy wou langs hulle verbystap, maar toe hulle Hom op die water sien loop, dog hulle dit is ’n spook. Hulle het hulle spierwit geskrik. Jesus stel hulle toe dadelik gerus: “Moenie so skrik nie, dit is net Ek. Julle hoef nie bang te wees nie.”
51-52 Hy klim toe in die boot by hulle. Daar en dan gaan die wind toe ook lê. Sy volgelinge was heeltemal uit die veld geslaan. Al het hulle gesien hoe so baie mense met so ’n bietjie kos genoeg kry om te eet, het hulle nie verstaan wie Jesus regtig is nie. Hulle kon hulle oë nie glo nie.
53 Toe hulle anderkant by Gennesaret land, het hulle die skuit daar vasgemaak.
54 Jesus het skaars uit die boot geklim of die mense het Hom herken.
55 Die nuus dat Hy daar is, het soos ’n veldbrand deur die hele gebied versprei.