34 Jesus kyk toe op hemel toe en met ’n diep sug sê Hy vir die man: “Effata.” (Dit beteken: “Gaan oop.”)
35 Dadelik kon die man hoor en normaal praat.
36 Jesus vra hulle toe mooi om nie vir enigiemand daarvan te vertel nie. Maar dit het nie veel gehelp nie.
37 Die mense kon eenvoudig nie oor al hierdie wonderlike dinge stilbly nie. “Alles wat Hy doen, is eenvoudig goed. Hy laat mense hoor wat doof was en mense wat nie kon praat nie, praat nou normaal.”