1 “Ek vertel nie stories nie. Dit is die waarheid. Party van julle wat hier rondstaan, sal nie doodgaan voordat julle sien hoe God se nuwe wêreld lyk waar Hy met groot mag regeer nie.”
2 Ses dae het verbygegaan. Jesus vat toe vir Petrus, Jakobus en Johannes saam met Hom teen ’n hoë berg uit. Niemand anders was saam met hulle nie. Skielik, voor die oë van die drie mans, het Jesus heeltemal anders begin lyk.
3 Sy klere het geskitter en geblink soos g’n mens dit ooit kan laat skitter of blink nie. Plotseling verskyn die ou Godsmanne,
4 Elia en Moses, ook daar voor hulle en begin met Jesus praat.
5 Petrus haak toe af en sê: “Here, dit is so lekker om hier te wees. Laat ons sommer drie huisies hier bou, een vir U en een elk vir Moses en Elia.”