49 Josafat het ook groot skepe gebou om goud in Ofir te gaan haal. Daar het egter niks van gekom nie, want al die skepe is in Esjon-Geber in ’n storm vernietig.
50 Koning Ahasia van Israel het vir Josafat gesê: “My mense moet eintlik saam met jou mense op die skepe vaar.” Josafat wou egter nie.
51 Josafat is dood en in die grafte vir die konings in die Dawidstad begrawe. Sy seun Joram het hom opgevolg.
52 In die sewentiende jaar van koning Josafat van Juda se regering het Ahasia die seun van Agab koning van Israel geword. Hy het twee jaar lank in Samaria regeer.
53 Ahasia het net verkeerde dinge gedoen. Hy het gemaak soos sy pa, Agab, sy ma, Isebel, en Jerobeam, wat Israel verskriklike dinge laat doen het.
54 Hy het Baäl gedien en aanbid. Soos sy pa het hy ook die Here met sy afgode verneder.