5 Voor ons gaan, moet ons egter eers die Here vra,” het Josafat gesê.
6 Agab het toe omtrent 400 profete bymekaar laat kom en vir hulle gevra: “Moet ek teen Ramot in Gilead gaan veg of moet ek nie?” Al die profete het gesê: “Trek teen Ramot op, want die Here sal u laat wen.”
7 Josafat was onrustig en het gevra: “Is hier nie dalk nog ’n profeet wat vir die Here kan vra of ons reg optree nie?”
8 “Ja, daar is nog een,” het Agab gesê. “Hy is Miga die seun van Jimla. Ek hou niks van die vent nie, want hy profeteer nooit iets goeds vir my nie. Hy sê altyd net slegte dinge.” “Die koning moenie so praat nie,” het Josafat gesê. “Laat ons na hom luister.”
9 Agab het toe een van sy amptenare gestuur om Miga te gaan haal.
10 Almal is toe na ’n dorsvloer net buite Samaria. Albei konings het op hulle troon gesit en albei het hulle koninklike klere aangehad. Al die profete was in profetiese ekstase.
11 Een van hulle, Sedekia die seun van Kenaäna, het sulke ysterhorings gehad en hy het vir Agab gesê: “Die Here sê u sal soos hierdie ysterhorings die Arameërs verpletter.”