1 “Aan die einde van elke sewe jaar moet jy almal se skuld afskryf.
2 Dit beteken dat almal wat geld vir ’n mede-Israeliet geleen het, dit in die sewende jaar moet afskryf. Hy moet geensins probeer om dit terug te kry nie, want die Here het gesê dit moet so gebeur.
3 Jy mag wel die geld wat iemand van ’n ander volk jou skuld, probeer terugkry, maar nie wat jou broer jou skuld nie.
4 “Daar sal geen arm mense meer onder julle wees nie, want die Here sal jou voorspoedig maak in die land wat Hy jou beloof het.