21 “Dit gebeur dalk dat jy belowe om iets te doen as die Here jou God jou gebed beantwoord. Dan moet jy dadelik doen wat jy belowe het, want die Here jou God verwag van jou om jou woord te hou, om te doen wat jy vir Hom belowe het. As jy dit nie doen nie, sal jy skuldig wees aan ’n slegte ding wat jy die Here aandoen.
22 Jy doen nie ’n verkeerde ding as jy glad nie ’n belofte maak nie.
23 Maar as jy uit jou eie so ’n belofte aan die Here gemaak het, sal jy wys wees as jy nougeset alles doen wat jy beloof het. Jy het immers ’n belofte aan die Here jou God gemaak.
24 “Jy mag eet soveel as wat jy wil as jy by iemand se wingerd verbyloop. Maar jy mag nie van die druiwe pluk en in ’n mandjie sit om saam te neem nie.
25 Net so mag jy ’n paar graankorrels pluk as jy by iemand se koringland verbyloop, maar jy mag nie die graan oes nie. Dan steel jy.”