8 “Dan moet die leiers van die stad hierdie man roep en met hom praat. Hulle moet vir hom verduidelik hoekom dit belangrik is dat hy met sy oorlede broer se weduwee moet trou. Maar as hy weier om te doen wat hulle vir hom sê, en hy weier om met hierdie vrou te trou,
9 moet die weduwee oor hom stap waar hy plat op die grond lê. Sy moet sy sandaal uittrek en in sy gesig spoeg. Dan moet sy sê: ‘Dis wat gebeur met ’n man wat weier om ’n seun te hê by sy oorlede broer se weduwee.’
10 “Agterna moet al die mense van Israel na hierdie familie verwys as ‘die familie van die man wie se sandaal uitgetrek is’.
11 “Sê nou twee mense van jou volk baklei. Die een man se vrou probeer haar man help om die geveg te wen en gryp die ander man aan sy skaamdele.
12 Dan moet jy haar hand afsny. Jy mag glad nie vir haar jammer wees nie.
13 “Wanneer jy iets weeg om dit te verkoop, moet jy altyd seker maak dat jou skale reg werk.
14 Jy mag nie mense bedrieg deur iets aan hulle te verkoop wat nie is soos jy gesê het dit is nie. Jy moet akkuraat en eerlik wees as jy iets verkoop.