5 Al hierdie stede het hoë mure en versterkte ingange gehad. Dan was daar ook nog baie kleiner plekkies sonder mure om wat ons ingeneem het.
6 Ons het al hierdie dorpe en stede se mense uitgewis. Ons het met hulle gemaak soos ons met Sihon die koning van Gesbon gemaak het.
7 Al die vee en waardevolle artikels in die stede het ons vir ons gevat.”
8 “So het ons die hele gebied van die Arnonrivier af tot by die berg Hermon oorwin. Daarmee saam het ons ook die twee sterk Amoritiese konings aan die oostekant van die Jordaan vernietig.
9 (Die mense van Sidon het die berg Hermon Sirion genoem en die Amoriete het daarna verwys as Senir.)
10 Ons het al die stede van koning Og van Basan oorwin. Dit is nou al daardie stede in die Hoogvlakte, die hele Gilead en die hele Basan tot by Salka en Edreï.
11 (Og die koning van Basan was die laaste van die Refaïete. Hy was ’n groot kêrel en sy bed was van yster gemaak: vier meter lank en twee meter breed. ’n Mens kan dit nou nog in Rabba, die hoofstad van die Ammoniete, sien.)