2 het Ismael en sy tien manskappe opgespring en Gedalja met ’n swaard doodgesteek.
3 Hy het ook al die Jode doodgemaak wat daar by Gedalja was. Ismael het ook die Babiloniese soldate vermoor wat by Gedalja in Mispa was.
4 Die volgende dag, nog voordat enigiemand iets van Gedalja se moord gehoor het,
5 het 80 mans uit Sigem, Silo en Samaria in die Mispa-omgewing aangekom. Elkeen se baard was afgeskeer en hulle klere in repies geskeur. Hulle het ook snye aan hulle lywe gehad. Dit was duidelik dat hulle besig was om te rou. Hulle was op pad na die Here se tempel toe. Hulle wou daar vir Hom graanoffers bring en ook wierook brand.
6 Ismael het uit Mispa uitgegaan om hulle te ontmoet. Hy was droewig aan die huil. Toe hy by hulle kom, het hy gesê: “Kom eers na Gedalja toe voordat julle verder gaan.”
7 Toe hulle in die stad aankom, het Ismael en die manne saam met hom 70 van die 80 mense doodgemaak. Hy het die lyke in ’n put gegooi.
8 Die tien wat oorgebly het, het Ismael gesmeek om hulle nie dood te maak nie. Hulle sou vir hom die koring, gars, olie en heuning gee wat hulle in die veld opgegaar het. Hy het hulle toe nie doodgemaak nie.