12-13 Maar die Leviet het geweier en gesê: “Ons kan nie in ’n vreemde stad bly waarin daar nie Israeliete is nie. Kom ons gaan nog ’n ent verder. Miskien kan ons plek kry in Gibea of Rama.”
14 Hulle het toe verder gereis en teen sononder by Gibea, ’n dorp in die gebied van Benjamin, aangekom.
15 Hulle het afgedraai daarheen om daar te oornag. Hulle het op die stadsplein gaan sit om te rus met die hoop om slaapplek te kry vir die nag, maar niemand het hulle slaapplek aangebied nie.
16 Later die aand, terwyl hulle nog daar gesit het, het ’n ou man van sy werk op die lande af teruggekom. Hy was afkomstig van die bergagtige gebied van Efraim, maar het nou in Gibea onder die mense van die stam van Benjamin kom bly.
17 Toe die ou man die reisiger op die stadsplein sien sit, vra hy vir hom: “Waarvandaan kom jy? En waarheen is jy op pad?”
18 “Ons is op pad terug van Betlehem in Juda af na ’n afgeleë deel in die Efraimsberge,” het die Leviet geantwoord. “Ek is oorspronklik van daar af, maar ek het in Betlehem in Juda gaan kuier. Ons sit hier omdat niemand ons vir die nag ingenooi het nie.
19 Maar ek het genoeg voer vir die donkies, en kos en wyn vir my en die vrou en my dienskneg. Ons het alles wat ons nodig het.”