14 Hulle soldate het uit al die stede in die gebied van Benjamin in Gibea bymekaargekom om teen Israel oorlog te maak.
15-16 Ses en twintig duisend van hulle beste soldate het in Gibea aangekom om hulle by die 700 linkshandige uitgesoekte troepe wat daar gebly het, aan te sluit. Hulle kon keer op keer ’n haar met ’n klip uit ’n slingervel raak gooi.
17 Israel self het 400 000 goed opgeleide soldate gehad, dit is nou sonder om Benjamin se soldate by te tel.
18 Voor die geveg is hulle Bet-El toe om God te raadpleeg. Hulle het vir God gevra: “Watter stam moet die aanval teen Benjamin lei?”“Die stam van Juda,” het die Here geantwoord.
19 Vroeg die volgende môre is die Israelitiese leër daar weg en hulle het regoor Gibea gaan kamp opslaan.
20 Hulle het hulle gevegsposisies ingeneem en gereedgemaak vir die geveg teen Benjamin.
21 Benjamin se soldate het egter by die stad uitgestorm en voor die einde van die dag het hulle 22 000 Israelitiese soldate doodgemaak.