32 Die soldate van Benjamin het opgewonde geskree: “Ons verslaan hulle al weer soos die vorige kere!” Maar die Israeliete het voor die tyd onder mekaar afgespreek dat hierdie groep voor hulle sou uitvlug om hulle van die stad af weg te lei na die grootpaaie toe.
33 Wanneer die grootste groep van die Israelitiese leër teruggeval het tot by Baäl-Tamar, sal die ander soldate wat in die hinderlae lê, uit hulle plekke wes van Gibea opspring
34 en die Benjaminiete van agter af aanval. Tien duisend uitgesoekte soldate het in hierdie stadium aan die geveg deelgeneem. Die geveg was hewig. Benjamin se soldate het nog nie besef dat hulle ’n ramp in die gesig staar nie.
35 Die Here het Israel gehelp om Benjamin te verslaan. Hulle het op daardie dag 25 100 van Benjamin se dapperste soldate doodgemaak.
36 Benjamin se leër het geweet dat hulle verslaan is. Hulle het besef dat die hoofgroep van die Israelitiese leër net teruggeval het om die soldate wat in die hinderlaag rondom Gibea gelê het, meer kans te gee om in posisie te kom.
37 Die soldate wat in die hinderlae gelê het, het vinnig opgespring, die stad oorrompel en al die inwoners van Gibea doodgemaak.
38 Die twee groepe Israelitiese soldate het ’n teken met mekaar afgespreek.