1 Toe die Israeliete by Mispa bymekaar was, het hulle ’n belofte voor die Here afgelê: “Nie een van ons sal ons dogters met ’n Benjaminiet laat trou nie.”
2 Hulle is toe na Bet-El toe. Daar het hulle tot in die aand in die teenwoordigheid van die Here gesit. Hulle het lank daar gesit en bitterlik gehuil en gesê:
3 “Here, God van Israel, waarom het dit in Israel gebeur? Een van die stamme van Israel is op die punt om te verdwyn!”
4 Vroeg die volgende oggend het die volk ’n altaar gebou waarop hulle brandoffers en vredesoffers geoffer het.