19 Dit was net na middernag, na die wagte omgeruil het, toe Gideon en die 100 soldate saam met hom by die grens van die kamp aankom. Hulle het skielik op hulle trompette geblaas en die kleipotte stukkend gebreek.
20 Die ander twee groepe het presies dieselfde gedoen. Hulle het hulle fakkels in hulle linkerhand vasgehou en hulle trompette in die regterhand en hard geskree: “Die swaard vir die Here en vir Gideon!”
21 Gideon se soldate het almal op hulle plekke rondom die kamp bly staan en kyk hoe die vyandelike soldate doodbang weghardloop.
22 Want terwyl Gideon se soldate op hulle trompette geblaas het, het die Here die vyand se soldate onder mekaar laat baklei. Dié wat nie in hierdie geveg dood is nie, het in die rigting van Sereda tot so ver as Bet-Sitta gevlug en ander weer tot by die grens van Abel-Megola, naby Tabbat.
23 Gideon het die soldate van die stamme Naftali en Aser en die hele Manassestam opgeroep om die vlugtende Midianiete te agtervolg.
24 Hy het ook boodskappers na die bergagtige gebied van Efraim toe gestuur met die opdrag: “Kom af en val die Midianiete aan. Sny hulle af by die vlak dele van die Jordaanrivier tot by Bet-Bara sodat hulle nie kan ontsnap nie.” Die soldate van Efraim het dit gedoen.
25 Hulle het die twee Midianitiese generaals, Oreb en Seëb, gevange geneem. Vir Oreb het hulle by die rots van Oreb doodgemaak en vir Seëb by die parskuip van Seëb. Hulle het die Midianiete verder agtervolg. Daarna het die soldate van Efraim die koppe van Oreb en Seëb vir Gideon gebring waar hy aan die westekant van die Jordaanrivier was.