3 Daarom moet jy vir die manskappe by jou sê: “Dié wat bang en onseker is, moet eerder teruggaan huis toe.” Toe het 22 000 besluit om huis toe te gaan. Daar het net 10 000 soldate oorgebly.
4 Toe sê die Here vir Gideon: “Daar is nog te veel soldate! Vat hulle af na die fontein toe, daar sal Ek hulle vir jou skei. Ek sal vir jou wys wie moet saamgaan en wie moet bly.”
5 Gideon is toe met sy soldate af fontein toe. Toe hulle daar kom, sê die Here vir hom: “Deel die soldate in twee groepe. Maak ’n eerste groep uit al die soldate wat soos ’n hond water drink deur dit met die tong uit hulle hande op lek. Maak ook ’n tweede groep van al die soldate wat op hulle knieë gaan staan en water drink.”
6 Drie honderd soldate het die water met hulle hande uitgeskep en so gedrink. Die res van hulle het op hulle knieë gaan staan om te drink.
7 Toe sê die Here vir Gideon: “Met hierdie 300 soldate wat die water met hulle hande opgeskep het om te drink gaan Ek jou help en die Midianiete verslaan. Stuur die res van die manne huis toe.”
8 Gideon het al die kos, trompette en ander nodige middels by hierdie soldate gevat en hulle toe huis toe gestuur. Uiteindelik was dit net hy en die 300 ander soldate wat oorgebly het.Die Midianiete se kamp was in die vallei net onder hulle.
9 Daardie nag het die Here vir Gideon gesê: “Staan op! Val die Midianiete se kamp aan, want ek gee hulle in jou mag oor.