22 Abimelek het drie jaar oor Israel regeer.
23 Toe het God spanning tussen Abimelek en die mense van Sigem laat ontstaan. Hulle het teen sy leierskap in opstand gekom.
24 Dit het gebeur sodat Abimelek en die mense van Sigem, wat hom aangemoedig het om Gideon se 70 seuns dood te maak, die gevolge van hulle verskriklike dade sou dra.
25 Die mense van Sigem het toe ’n hinderlaag teen Abimelek op die bergtoppe opgestel. Hulle het almal beroof wat daar verbygekom het. Maar iemand het vir Abimelek daarvan vertel.
26 In daardie tyd het Ebed se seun Gaäl en sy broers Sigem toe getrek. Na ’n ruk het hulle die mense van Sigem se vertroue gewen.
27 Tydens een van die oesfeeste tot eer van hulle gode het hulle wyn gemaak. Hulle het in die tempel van daardie god feesgevier. Nadat almal goed geëet en gedrink het, het hulle Abimelek begin afkraak.
28 Ebed se seun Gaäl het spottend gevra: “Watter soort mense is ons hier in Sigem dat ons Abimelek dien? Wie is hy in elk geval? Hy is net Gideon se seun met Sebul as sy goewerneur. Maar moet hulle nie eerder die mense van Gamor, Sigem se voorvader, se slawe wees nie? Waarom moet ons vir Abimelek dien?