31 Hy het stilletjies ’n boodskap na Abimelek gestuur en vir hom gesê: “Ebed se seun Gaäl en sy mense het in Sigem kom bly en hulle is besig om die stad en sy mense teen jou op te sweep.
32 Bring jou soldate en kom kruip vannag in die veld buite Sigem weg.
33 Môreoggend teen skemer moet julle die stad skielik aanval. As Gaäl en sy soldate teen jou probeer veg, moet jy hulle doodmaak.”
34 Abimelek en sy soldate het toe in die nag in vier groepe verdeel en ’n hinderlaag teen Sigem opgestel.
35 Toe Abimelek en sy soldate vir Gaäl by die stadshekke sien staan, het hulle uit hulle skuilplek gekom.
36 Gaäl het hulle gesien en vir Sebul gesê: “Kyk, daar kom mense van die berge af!” Maar Sebul het vir hom gesê: “Dis nie mense nie, dis sommer net die berg se skaduwee wat jy vir mense aansien!”
37 Maar Gaäl het weer vir hom gesê: “Kyk mooi, daar kom mense van die heuwels af. En daar van die waarsêersboom se kant af is nog ’n groep aan die kom.”