44 Terwyl Abimelek en sy groep vorentoe gestorm het om by die stad se hekke uit te kom om te keer dat die soldate weer die stad in vlug, het twee van sy ander afdelings soldate die mense in die veld aangeval en hulle doodgemaak.
45 Die geveg het die hele dag lank aangehou. Uiteindelik het Abimelek die stad ingeneem. Hy het al die inwoners doodgemaak, die stad tot op die grond afgebreek en sout daaroor uitgegooi.
46 Toe die leiers in Migdol-Sigem dit hoor, het hulle en hulle mense in die grafkelder in die tempel van Baäl-Berit gaan wegkruip.
47 Iemand het vir Abimelek vertel dat die mense van Migdol-Sigem daar wegkruip.
48 Hy is toe met sy soldate teen die berg Salmon uit. Hy het ’n byl gevat, ’n boomtak afgekap, dit op sy skouer gesit en vir sy soldate gesê: “Maak gou, doen wat ek gedoen het!”
49 Hulle het toe elkeen vir hulle ’n tak afgekap en agter Abimelek aangeloop. Hulle het al die takke teen die grafkelder opgestapel waarin die mense weggekruip het en dit aan die brand gesteek. So het al die inwoners van Migdol-Sigem doodgebrand, ongeveer 1 000 mans en vroue.
50 Daarna is Abimelek na Tebes toe. Hy het die stad omsingel en dit ingeneem.