46 Toe die leiers in Migdol-Sigem dit hoor, het hulle en hulle mense in die grafkelder in die tempel van Baäl-Berit gaan wegkruip.
47 Iemand het vir Abimelek vertel dat die mense van Migdol-Sigem daar wegkruip.
48 Hy is toe met sy soldate teen die berg Salmon uit. Hy het ’n byl gevat, ’n boomtak afgekap, dit op sy skouer gesit en vir sy soldate gesê: “Maak gou, doen wat ek gedoen het!”
49 Hulle het toe elkeen vir hulle ’n tak afgekap en agter Abimelek aangeloop. Hulle het al die takke teen die grafkelder opgestapel waarin die mense weggekruip het en dit aan die brand gesteek. So het al die inwoners van Migdol-Sigem doodgebrand, ongeveer 1 000 mans en vroue.
50 Daarna is Abimelek na Tebes toe. Hy het die stad omsingel en dit ingeneem.
51 In die middel van die stad was daar ’n sterk toring. Al die mense van die stad, mans en vroue en leiers, het daarheen gevlug. Hulle het hulleself in die toring toegesluit en toe op die dak van die toring gaan staan.
52 Abimelek is toe na die toring toe om dit in te neem. Toe hy by die deur van die toring kom en dit aan die brand probeer steek,