15 Maar Ek is sommer baie kwaad vir die nasies wat so tevrede met hulleself is. Ek was kwaad vir my volk, maar nou het die Babiloniërs net te ver gegaan. Hulle het hulle nou te sleg behandel.
16 Daarom sal Ek na Jerusalem toe terugkom om vir die mense te wys dat Ek vir hulle omgee. Ek sal sorg dat my tempel reggemaak word. Hulle sal kom kyk wat nodig is om my tempel weer op te bou.
17 Skree weer sodat almal kan hoor wat die Here gaan doen: Hy sê: Ek sal sorg dat dit sommer baie goed met al die mense in Israel gaan. Daar sal meer as genoeg van alles wees. Ek sal ook kyk dat alles weer vir Jerusalem reg verloop. Ek kies Jerusalem as my gunstelingstad.”
18 Sagaria het verder gesê: Ek het weer ’n droom gehad. Daar was vier horings.
19 Toe vra ek vir die engel wat vroeër met my gepraat het: Wat beteken dit wat ek sien? Hy het vir my gesê: “Die vier horings is soos die sterk nasies wat die mense van Juda, Israel en Jerusalem uitmekaar laat spat het.”
20 Toe laat die Here my ook nog vier ambagsmanne sien.
21 Ek het weer gevra: Wat kom hulle hier doen? Hy het geantwoord: “Die horings is die sterk nasies wat die mense van Juda in alle rigtings laat spat het. Hulle het Juda se mense soos groot gekke laat voel. Die ambagsmanne het gekom om hierdie sterk nasies reg te sien. Hulle sal hulle horings breek en so die nasies swak maak. Die nasies gaan lelik verloor.”