7 Op vyftien Februarie, in die tweede jaar wat Darius koning was, wou die Here weer hê dat Sagaria iets vir sy volk moes gaan sê.
8 Sagaria het vertel wat gebeur het: Een nag het ek ’n droom gesien van ’n man wat op ’n bruin perd sit. Hy het tussen bome in ’n kloof gestaan. Agter hom was ook nog ’n rooi perd, ’n bruine en ’n witte.
9 Ek het gevra: Wat is hier aan die gang, Meneer? ’n Man wat soos ’n engel lyk, het vir my gesê: “Ek sal jou sê wat dit beteken.”
10 Die man wat tussen die bome gestaan het, het toe begin verduidelik. “Dit is die ruiters wat die Here gestuur het om te gaan kyk wat in die wêreld aangaan.
11 Die ruiters het toe teruggekom en daar by die bome alles kom vertel. Hulle het gesê: Ons het deur die wêreld gery en alles is stil en rustig.”
12 Die engel van die Here sê toe: “Here, U is die Here van alles en almal! U is nou al vir 70 jaar kwaad vir die mense van Jerusalem en die ander stede van Juda. Hoe lank gaan dit nog vat voordat U weer vir hulle goed gaan wees?”
13 Die Here het die engel vriendelik geantwoord en hom moed ingepraat.