1 Vra die Here vir reën in die lente en Hy sal dit gee. Dit is die Here wat die reënwolke maak en hulle laat stortreën. Hy sorg dat daar genoeg groen weiding in die veld vir almal is.
2 Baie mense soek hulp en raad by die afgodsbeeldjies wat in hulle huise is. Ander mense weer vra hulp by mense wat sê dat hulle die toekoms vooruit kan vertel. Die raad wat hulle kry, is niks werd en niks anders as leuens nie. Mense wat sê dat hulle drome uitlê, bedrieg ander mense. Die troos wat hulle kastig vir mense gee, help nie regtig nie. My volk is nou soos verdwaalde skape wat nie ’n herder het om hulle te beskerm of rigting te gee nie. Hulle is leierloos!
3 Die Here sê: “Ek is baie kwaad vir hierdie leiers wat na die mense moes kyk. Ek gaan hulle straf. Ek is my volk Juda se herder en Ek sal hulle versorg.” Die Here sal sorg dat hulle weer trots op hulleself is.
4 Uit Juda sal al die leiers vir die toekoms kom. Hulle sal soos die hoeksteen van ’n gebou wees. Hulle sal wees soos die pen wat die tent anker en regop hou of soos die boog wat in gevegte gebruik word.