1 Die Here sê wat met Israel gaan gebeur.Dit is die Here wat die uitgestrekte hemel gemaak en die fondasie van die aarde gelê het. Hy gee vir mense lewe.
2 Verder sê die Here: “Die nasies in die omgewing sal Jerusalem probeer inval. Maar Ek gaan sorg dat Jerusalem so ’n bedwelmende uitwerking op hulle sal hê dat hulle soos ’n klomp dronk mense sal wees. Wanneer Jerusalem ingeval word, sal al die ander stede in Juda ook ingeval word.
3 Al die nasies van die wêreld sal hulle kragte bymekaarsit teen Jerusalem, maar Ek sal Jerusalem soos ’n swaar rotsblok maak. As hulle hierdie rots probeer oplig, sal hulle seerkry.”
4 Die Here sê: “Die dag wanneer hierdie nasies Jerusalem aanval, sal Ek hulle perde op hol jaag. Ek sal sorg dat hulle niks kan sien nie. Ek sal ook dat die ruiters kop verloor. Maar oor die mense van Juda sal Ek ’n oog hou en hulle mooi oppas.