8 In dié tyd sal die Here die mense van Jerusalem beskerm. Die swakste mense onder hulle sal so sterk wees soos koning Dawid. Op sy beurt sal Dawid se nageslag soos God self wees of soos die engel van die Here wat hulle lei.
9 Die Here sê: “Ek sal al die volke vernietig wat teen Jerusalem in opstand kom!”
10 “Ek sal in hierdie tyd Dawid se kinders en hulle kinders en ook die inwoners van Jerusalem mense maak wat omgee vir ander mense. Ek sal hulle ook mense maak wat graag wil bid. Hulle sal dan weet dat Ek die een is wat hulle seergemaak het soos iemand wat hulle met ’n wapen gesteek het. Hulle sal vreeslik huil, soos mense wat huil oor hulle enigste kind of oudste seun wat dood is.
11 “Die dag as hierdie dinge gebeur, sal hulle in Jerusalem net so erg huil soos die mense gehuil het oor Hadad-Rimmon op die vlakte van Megiddo.
12 Oor die hele Israel sal die mense hartseer huil. Die families in Israel sal elkeen op sy eie treur. Dit sluit in die families van Dawid, Natan,
13 Levi en Simeï, elkeen op sy eie.
14 So sal al die ander families in Israel ook maak. Hulle sal almal treur en huil, die mans eenkant en die vroue in hulle groepe saam.”