6 As iemand hom sou vra oor die littekens wat op sy bors is, sal hy antwoord: “Ek was by vriende se huis toe ek gewond is.”
7 Die Here is magtiger en sterker as alles en almal. Hy sê dat die man wat vir Hom werk en sy volk oppas soos ’n herder skape oppas, met ’n swaard doodgemaak sal word. As hy dood is, sal die skape in verskillende rigtings uitmekaarspat. Die Here sal ook nie die gewone mense spaar nie.
8 Twee derdes van die mense sal uit die land weggeneem word en hulle sal doodgaan. Die ander derde sal in die land agterbly.
9 Die Here sê: “Ek sal hierdie derde van die mense wat in die land agterbly, suiwer maak. Ek sal dit doen soos daar gewoonlik met goud gemaak word. Die goud word in vuur gesmelt en suiwer gemaak. My volk sal deur moeilike omstandighede gaan, maar hulle sal beter mense anderkant uitkom. Hulle sal in gebed met My praat en Ek sal hulle antwoord. Ek sal sê: ‘Hulle is my eie mense, hulle behoort aan My.’ Op hulle beurt sal die mense sê: ‘God is ons Here.’”