1 Neem kennis, Jerusalem, daar kom ’n dag dat die Here straf sal uitdeel. Op dié dag sal alles wat jy het, gevat word en voor jou oë verdeel word.
2 In dié tyd sal die Here al die nasies bymekaarmaak om oorlog teen Jerusalem te maak. Hulle sal die stad inneem en die goed in die huise steel. Erger nog, hulle sal die vroue in Jerusalem onsedelik aanrand. Hulle sal die helfte van die stad se mense uit die land wegvat. Die ander helfte sal in die stad kan bly.
3 Die Here sal dan optrek en teen die nasies baklei soos Hy al in die verlede gedoen het.
4 In dié spesifieke tyd sal die Here op die Olyfberg staan, oos van Jerusalem. Wanneer dit gebeur, sal die Olyfberg middeldeur skeur. Die een helfte sal noord padgee en die ander helfte suid. Dit sal maak dat daar ’n groot kloof sal wees wat van oos na wes loop.
5 Julle sal deur hierdie kloof in die berg ontsnap en tot so ver as die sykant van die berg kan gaan. Julle sal moet vlug net soos julle vroeër in koning Ussia van Juda se tyd vir die aardbewing moes vlug. Dan sal die Here wat my God is, kom en al die hemelwesens saam met Hom.