18 En as die mense van Egipte nie na die fees toe wil kom nie, sal die Here hulle straf. Dieselfde vreeslike siekte sal hulle aantas wat ander nasies getref het wat geweier het om Hom te kom dien.
19 Die mense van Egipte sal saam met die ander volke gestraf word as hulle nie die fees van die hutte wil kom vier nie.
20 In dié tyd sal daar selfs op die klokkies aan die perde se tuie geskryf staan: “Spesiaal bedoel vir die Here.” Die potte wat in die tempel van die Here gebruik word om in te kook, sal net so belangrik wees as die potte wat by die offeraltaar gebruik word.
21 Wat sal gebeur, is dat elke kookpot in Jerusalem en Juda gebruik sal word in diens van die Here. Enige mens wat sal kom om die Here te eer sal hierdie potte mag gebruik om hulle offervleis in te kook. Daar sal in hierdie tyd ook nie meer mense wees wat in die tempel van die Here koop en verkoop nie. Hy is die Here wat sterker is as alles en almal.