1 Vir ’n derde keer het ek gedroom. Dié keer het ek ’n man met ’n maatband in sy hand gesien.
2 Ek het vir hom gevra: Waarheen is jy op pad? Hy het my geantwoord: “Ek gaan Jerusalem opmeet. Ek wil kyk hoe lank en hoe breed dit is.”
3 Die engel wat vroeër met my gepraat het, het op pad Jerusalem toe ’n ander engel raakgeloop.
4 Hy sê toe vir hom: “Hardloop gou en gaan sê vir die jongman met die maatband: Jerusalem gaan nog uit sy nate bars. Daar gaan so baie mense en diere wees dat hulle buite die stad sal moet bly.”
5 Die Here sê: “Ek sal hulle beskerm. Ek sal vir hulle soos ’n muur van vuur wees wat om hulle gebou is. Binne-in die stad sal hulle weet dat Ek daar is. Hulle sal weet dat Ek groot en sterk is.”
6 Die Here sê: “Maak dat julle wegkom uit die noorde. Ek is daarvoor verantwoordelik dat julle in al vier die windrigtings verstrooi is.
7 Julle wat in Babilonië bly, maak dat julle daar wegkom. Vlug na Jerusalem toe terug!”